Vloede in die noorde van die Krugerwildtuin

Die noorde van Limpopo het geweldig baie reen gehad die afgelope week. Ons het 700mm vir die week op die plaas gemeet. die gevolg was dat riviere in vloed groot skade in die wildtuin veroorsaak het. Ek en Alma hetverlede week gaan kyk en die riviere was baie sterk in vloed en paaiegesluit. Lees meer daaroor hier:

http://www.facebook.com/media/set/?set=a.10151425239762792.537279.6...

Min het ons geweet dat die ergste nog voorgelê het. Shingwerdzi ruskamp is Sondagaand ontruim en van die personeel moes maandag met helikopters van dakke af gered word. Sien die foto's hier:

http://www.facebook.com/media/set/?set=a.10151447163636155.551708.5...

Die skade aan die wildtuin se infrastruktuur is ontsaglik en gaan lank neem om te herstel.  Gelukkig is geen toeriste of personeel van Shingwedzi beseer nie en is almal veilig.

Pietman

Views: 538

Add a Comment

You need to be a member of Photo Critic to add comments!

Join Photo Critic

Comment by Danie Bester on January 23, 2013 at 12:46

Thanks for sharing Pietman! You are our Kruger Correspondent!

Comment by Dries Alberts on January 23, 2013 at 7:29

Mens sou nie 2 weke terug kon dink dat al die damme in die KNP vol sou wees en dat selfs Kanniedooddam en Klopperfontein sou oorloop nie. Nou is dit hand aan die ploeg om die skade te herstel. Sterkte vir almal wat betrokke is.

Comment by Chris Jones on January 22, 2013 at 22:36

700mm is baie water - in an area that is normally fairly dry - i saw some of the smaller rivers starting to flow all the way from Musina down to Punda Maria.

Comment by Susan Pretorius on January 22, 2013 at 21:00

Ek dink dit moet vreeslik wees om  so iets te sien , maar so is die natuur gee met die een hand en vat met die ander.Ons is maar net bystaanders wat toe kyk .

© 2018   Created by Danie Bester.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service